Cutozinc® Silwer sproei
Eienskappe
Sproei wat geïoniseerde silwer bevat wat gebind is aan zeolite, bevat sinkoksied en is bedoel vir die versorging van die vel wat geneig is tot nat ekseem, druksere en brandwonde.
1. Wat is Cutozinc® Silwersproei: Cutozinc® Silwersproei bevat 2,5% geioniseerde silwer gebind aan zeolite en 10 % sinkoksied, wat ontwerp is om die vel te versorg in gebiede wat geneig is om nat te bly, skrape, intertrigo, en bedsere. Dit help om die natheid van die vel te verminder, wat die moontlikheid van velirritasie as gevolg van eksterne faktore (urine, stoelgang) en beskerm die behandelde gebiede teen rooiheid. Dit is ook geskik vir gebruik in doeke en velvoue. Spuit ‘n dun lagie op deeglik skoongemaakte en droëvel. Spuit op ‘n afstand van ongeveer 5 cm. Vryf in die vel indien nodig. Dit is nie nodig om die produk in twee lae aan te wend nie. Die sproei is effektief met slegs een laag, Gebruik ‘n paar keer per dag, indien nodig. Higiënies en maklik om te gebruik.
Cutozinc® Silwersproei is verpak in ‘n 50 ml spuithouer. Die houer is verpak in ‘n kartonhouer met die Gebruiksaanwysings.
Die houer bevat nie draergas nie, dus is dit nie onder druk nie en is dit heeltemal herwinbaar.
Bestanddele: Aqua, Zinc Oxide, Glycerin, Coco-Caprylate/Caprate, Sodium Silver Aluminum Silicate, Cetearyl Alcohol, Coco Glucoside, Coco-glycerides, Caprylyl Glycol, Caprylhydroxamic Acid, Oleic Acid, Hydrated Silica.
Waarskuwing vir individue wat allergies is vir parabene en lanolien – bevat nie parabene en lanolien nie. Geen kleurstowwe of parfuun bygevoeg nie.
2. Hoe werk Cutozinc® Silwersproei: Cutozinc® Silwersproei kan maklik, pynloos en higiënies op die vel aangewend word in gebiede wat geneig is om nat te bly, skrape, intertrigo en bedsere. Die bestandele van die produk vorm ‘n beskermende laag op die vel wat die vel beskerm teen ontlasting. Die bestandele in Cutozinc® Silwersproei streel die vel en help om rooiheid te voorkom. Die produk kan op pasgeborenes gebruik word.
Hoe Werk Silwer?
Argentum (silwer) en sy verbindings het sametrekkende (moontlik bytende) en antiseptiese (hoofsaaklik denaturering van proteïene) effekte. Wanneer dit in regte konsentrasies en in geskikte mediese vorms gebruik word, bevorder dit genesing van wonde en swere.
(Bron: Fadrhoncová A., Pharmacotherapy of dermatological diseases, pg. 130, Grada, 1999)
Hoe Werk Zeolite?
Zeoliete is kristallyne silikate van alkalimetale. Die uniekheid daarvan lȇ daarin dat die ruimtelike ordening van die atome kanale en holtes van konstante afmetings vorm. Vaste, vloeibare en gasvormige stowwe kan in hierdie kanale vasgevang word. In die medisyne word dit gebruik as draer van aktiewe middels. Silwer gebind aan zeolite (silwer zeolite) het bewese antimikrobiese effekte op mikro-organismes. Zeoliet ondersteun hierdie effekte.
(Source: Sirikamon S., Antimicrobial effects of silver zeolite against oral microorganisms, Asian Pac J of Trop Biomed, pg. 47-52, Elsevier 2013)
Hoe werk Zincum oxydatum?
Zincum oxydatum (sinkoksied, sinkblom) is ‘n amorfe, fyn, reukvrye, wit poeier. Dit word verkry uit natuurlike sinkietmateriaal. Dit het verkoelende, effens sametrekkende en light antiseptiese effekte. Sinkoksied is ‘n deel van die poeiers, suspensies, vloeibare poeiers en sagte pastas wat dikwels in dermatologie van kinders gebruik word. Sinkoksied het ‘n strelende effek en bevorder die regenerasie van die vel aansienlik. Sinkprodukte het ook ‘n positiewe uitwerking op die genesingsproses.
(Bron: Fadrhoncová A., Pharmaco-therapy of skin diseases, p. 294, Grada,1999)
Op grond van die aanbeveling van dermatoloëe is Cutozinc® Silwersproei geskep wat in die apteke verkoop word. Dit bevat bogenoemde bestandele as basiese komponent.
3. Hoe om Cutozinc® Silwersproei te Gebruik: Skud goed voor gebruik! Spuit ‘n dun, egalige laag op sorgvuldig skoongemaakte en droë vel. Gebruik verkieslik ‘n medisinale antiseptiese seep (byvoorbeeld Cutosan®) om die vel skoon te maak. Spuit op ‘n afstand van ongeveer 5 cm. Vryf in die vel in indien nodig. Dit is nie nodig om ‘n tweede laag aan te wend nie. Die bespuiting is effektief as slegs een laag aangewend word. Gebruik ‘n paar keer per dag, indien nodig, op die hele aangetaste gebied. Danksy die spuittoediener, is dit maklik om ‘n dun en egalige laag aan te wend sonder kontak met die vel. Die praktiese bottel met spuittoediener is perfek higiënies. Cutozinc® Silwersproei is nie irreterend nie, maklik om te gebruik en maklik om te verwyder. Maak die spuitkop skoon na elke gebruik!
Velirritasie kan voorkom op plekke wat deur ‘n luier bedek is. Op hierdie plekke kan rooiheid, veluitslag en verhoogde velgevoeligheid voorkom. Die intertrigo kan sag wees, met geringe gebreke tot ernstig met erge rooiheid, irritasie, blasé of nat vel. Die intertrigo kan in bedsere verander. Bedsere kan veral voorkom by onbeweeglike en inkontinente pasiënte.
Cutozinc® Silwersproei versorg die Vel:
- Beskerm teen verdere irritasie van die vel.
- Gemikroniseerde zeolietpoeier kleef aan die vel en vorm ‘n beskermende laag daarop. Dit is nie nodig om die oppervlakwonde met ‘n sekondȇre gaas te bedek nie.
- Brand nie. Het ‘n effense vekoelingseffek wanneer dit toegedien word..
- Toediening is baie maklik, vining en pynloos.
- Die produk kan maklik met water uit die wond gewas word.
Volume: 50 ml